Sunday 28 August 2011

Klaar! 'n Giant Granny Square kombers

Een Giant Granny Square kombers is klaar gehaak! 



Ek het so gekyk na Sucrette se uitdaging: begin met 'n Granny en haak net al in die rondte, al in die rondte, tot dit 'n kombers word so groot en bont soos jy wil hê.  Mmm, was nie regtig die plan nie, maar toe dag ek, ag wat, laat ek net sien...en begin met so klein blokkie...




...en dit het nie te sleg gelyk, toe gaan ek maar verder, want dink toe: Ha! Kan mos hierdie in 'n kombers maak vir die Mannetjie.

So, toe word dit my mobiele projek.

In die kar as ek wag, of ons iewers heen ry.

In die parkie.




Saans na storietyd.
   



Op 'n jag langs die vuur (dís lekker warm!)





Ek wou gaan tot 100 rondtes, maar het gou gesien dit gaan bietjie, eh...groot raak.  Toe mik ek vir 60.  En toe ek op 54 kom, is dit sommer genoeg.  Die plan was nie om 'n enkelbedgrootte te haak nie, net so lekker kleintjie vir lê-voor-die-tv, of in-die-kar, of speel-op-die-mat, 54 rondtes is perfek. 

Kon nie wag om met Die Rand te begin nie!  Ek hou van Die Rand, kan verstaan waarom mense liries raak daaroor.  Jy is al so moeg vir die steke van Die Kombers dat jy nie kan wag vir die afwisseling nie :-)


Die Rand: 3 rye trebles. Of doubles, watter taal jy ook al praat.  En eindig met 'n ry half tr. 




Die rand het wel so bietjie frillerig geword...En ek dink ek het die fout gekry, daar waar die granny clusters oorgang in gewone tr, moes ek dalk net 2 steke in die cluster gehaak het (hoe het ek 3 reggekry? ) en albei moes dieper gegaan het, soos die een in die kettingspasie.?




O wel.  Sal onthou vir volgende keer. 

Intussen is 'n gawe kombers klaar! O, en daar is 'n twist in die middel.  Het gelees mense kla oor 'n twist, on nie verstaan...tot ek ver genoeg kom en sien my square is nou skeef! EN word al skewer!  Oplossing is toe om elke slag die werk te draai (nie geweet); dus, nie net in die rondte te gaan, maar telkens van voor en dan van agter te werk.  Daarsy, geen twist meer nie, behalwe die eerste 15 rye, en nou dink ek dit lyk eintlik nogal nie te sleg.  Dalk doen ek volgende keer weer 'n twist :-)





Klaar.  Een snoeskombers vir een seuntjie.




One Giant Granny Square blanket is finished!

I looked at Sucrette' challenge: start with a Granny and just hook in the round, in the round, until it grows to a blanket, as large and colourful as you want it. Mmm, wasn't really the plan, but then I thought...WTH and started with a liiittle square......it didn't look too bad, so I continued, 'cause I thought THIS could grow into a snuggle blanket for the Little Man.

So, it became my Mobile Project.
 In the car, while I'm waiting, or while we're driving somewhere.  In the park.  At night after storytime. By the fire on a hunting weekend.I

 wanted to go to 100 rounds, but quickly realised it would be a bit...big. So I aimed for 60, but when I reached 54 it looked fine.  it didn't want to hook to a single bed size, just large enough to snuggle with in front of the tv, or in the car, or to play with. 54 rounds are perfect.

 Couldn't wait to start with The Edge. I like The Edge, can understand why people wax lyrica about The Edge, 'cause you're so tired of all the same stitches, it's a treat to do something else!-)
 The Edge: 3 rows trebles. Or doubles, depends on your English. Ending with a row half tr. 
It did become a bit frilly. Think I found the mistake - where I joinee the tr into the granny cluster, I should have hooked only 2 st into the cluster? Don't know how I managed 3, maybe should hook deeper.
O wel.  Will remember next time

Meanwhile, its a NICE blankie. O, and there's a twist in the centre. Read about The Twist, didn't quite understand, until I got to row 15 and realised the squeare is becoming skewed!  So I duly turned the worked from then on, after each row, and now quite like the effect, with The Twist in the centre of the blanket :-).  Might just do it like that, on purpose, next time.
Done. One snuggle blanket for my boy.

3 comments:

Janine said...

Ek het ales in Afrikaans stadig gelees toe ek by die einde van jou storie kom sien ek die Engelse vertaaling. So, ek het nie were gelees want ek het ales verstaan. Baie mooi, en vrolik. Ek is ook klaar met my kombers sal more pos. Miskien sal ek ook n giant granny square maak maar nie nou nie! Lv Janine

Marile said...

So al in die rondte is al wat ek kan hekel. Mal daaroor. Maar het nog altyd kleinerige blokkies gemaak en ook aanmekaargehekel. Maak enigiets van babakombersies tot dubbelbeddekens. Lekker.

Bren said...

Dis so cool. Gee my nou sommer hoop vir my granny sqaure bed throw. Hou nogal van die idee om een groot blok te maak. Sal dalk met al my los wolle.